DIE MAATSKAPPY

Accolade Properties Namibia is ‘n Eiendomsontwikkelingsmaatskappy wat 100% in Namibiese besit is, en is verantwoordelik vir die 408 hektaar gemengde-gebruik eiendomsontwikkeling, “SUNGATE”, by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe.

Oorspronklik gestig in 2007 is Accolade Properties Namibia ‘n deelgenoot van die baie suksesvolle Accolade Property Group in Suid-Afrika en word ondersteun deur  ‘n uiters bekwame span professionele persone en kundiges.

Die maatskappy se visie is om sy bestaande sake-model van hoë-kwaliteit  eiendomsontwikkelings te repliseer in Namibië en ook elders.

SUNGATE is nou ten volle geproklameer en  goedgekeur deur die Namibiese owerhede, met dienste vir die eerste fase van die projek wat voltooi is aan die einde van Januarie 2014. Oordrag kan plaasvind onmiddellik nadat die Ingenieurswese Sertifikaat uitgereik is.

As’n perfek-geleë deurgang na die res van die SADC streek  weens sy  naburige ligging tot pad-, spoor en lugvervoer, is SUNGATE se fokus om ‘n handels- en ligte-industrie-aansluiting te word op die Trans-Kalahari Hoofweg, wat sodoende inskakel by die  doelwitte en mikpunte van Namibië se “Vision 2030”.

Na vyf jaar se beplanning bied die eerste fase van die ontwikkeling, op 12 hektaar, aan die belegger toegang tot volle eienaarskap op 27 gemengde-gebruik erwe. Die vulstasie perseel is reeds verkoop en oorgedra, en bouwerk begin vroeg in 2014.  

‘n Wesenlike opgradering van die kruising wat lei na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe  is deel van die ontwikkeling, wat deel vorm van die groter Stad van Windhoek se mikpunt om ooswaarts uit te brei as gevolg van die dringende behoefte om kwaliteit kommersiële-, residensiële- en industriële eiendomme te voorsien.

Gedetailleerde omgewingstudies vorm die basis van SUNGATE se gemeenskapsverantwoordelikheid  om te help om beheerde en algeheel-voordelige groei te handhaaf soos wat die projek uitgerol word oor die volgende paar  jaar.  

Deur te deel in die leuse “Be Namibian, Buy Namibian” voorsien die ontwikkelaars van SUNGATE toegang tot progressief-denkende en innoverende  ondernemings en entrepreneurs, sowel as professionele persone wat op soek is na kwaliteit lewe naby aan internasionale vervoeraansluitings.