GELEENTHEID

 

Waarom het niemand vantevore nog hierdie geleentheid aangegryp nie?

Die vermoë om ‘n ontwikkeling op hierdie perseel te laat realiseer was lank onderhewig aan die opheffing van sekere beperkinge met betrekking tot die Dorpsbeplanning Ordonnansie vir die Kapps Plaasgebied (die groot  stuk grond tussen Windhoek en die Hosea Kutako Internasionale Lughawe). In Februarie 2007 het die Khomas Streekraad ‘n Dorpsbeplanningskema daargestel vir hierdie spesifieke gebied, waarvan die uitkoms was dat sekere grond goedgekeur is vir sonering vir alternatiewe gebruik. Hierdie deurbraak het daartoe gelei dat grond wat voorheen landbougrond was, nou ontsluit word vir verskeie ander doeleindes. Die proklamasie van hierdie skema  het tot gevolg gehad dat die geleentheid ontstaan het vir ‘n gemengde-gebruik ontwikkeling soos SUNGATE om gebou te word.  

Verder hiertoe is die "Namibië Internasionale Beleggingskongres"  in November 2007 gehou om beleggingsinisiatiewe te bespreek  en is daar gefokus op die buitengewone groei in handel en beleggings met betrekking tot die handelsroetes vanaf Walvisbaai, deur Namibië,  na naburige SADC eweknieë. Hierdie kongres was uiters suksesvol met die daarstelling van ‘n strategiese raamwerk vir groei en ontwikkeling in ‘n baie volhoubare besigheidsomgewing.